"H. Petrus" deur N.P. VAN WYK LOUW [boodskap #11846] |
So, 14 Desember 1997 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
H. PETRUS
N.P.Van Wyk Louw
'n Jakkals grawe in die sneeu
hy's rooi en spikkel teen die wit
en skrik en luister stywe-oor
na êrens-op-die-werf se spit.
My land, my dor, verlate land:
iets wens olywe groei in jou:
dat alles klein, Latyns, gaan word
en kalk-wit kerkies bou.
Die jakkals grawe in die son,
hy skop 'n bietjie nugter wit
rondom sy agterboudjies uit.
En Dowe-Peet hou aan met spit.
|
|
|